MTPA handel ondersteuningsfonds af

Loading player...
Die Mpumalanga toerisme- en parke-agentskap het aangekondig dat die proses om die tien-miljoen-Rand se ondersteuningsfonds aan toerisme-ondernemings te betaal, afgehandel is.
Die fonds is bewillig om die impak van die Covid-pandemie op die bedryf teen te werk.
43 begunstigdes se aansoeke is nie gefinaliseer nie, weens kwessies met die inkomstediens wat eers uitgesorteer moet word.
9 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min