Drie polisiebemaptes aangekla van korrupsie in Kabokweni

Loading player...
Drie beamptes wat verbind is aan die polisie se gesinsgeweld-eenheid het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn op klagte van korrupsie.
Volgens die Valke het sersant Bonisile Daphney Mjali, sersant Xolani Howard Nxumalo en konstabel Thulisile Patricia Mkhatshwa saamgewerk om omkoopgeld te eis by 'n verdagte in 'n verkragtingsaak.
Hulle wou aanvanklik vyf-en-twintig-duisend-Rand hê om die ondersoek te laat verdwyn. Hy het glo net vyf-duisend gehad en dit betaal.
Elkeen is borgtog van drie-duisend-Rand toegestaan.
Die saak gaan op 6 Julie in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela voort.
8 Jun 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min