Drie verdagtes naby Badplaas aangekeer na roof in Witbank

Loading player...
Twee mans en ‘n vrou is vanoggend om ongeveer ses-uur naby Badplaas aangekeer.
Bossies Community Justice se Albert Greyvenstein sê hulle het na bewering gisteraand ‘n huis naby Witbank beroof. Hulle het die slagoffer ernstig aangerand en met sy voertuig gevlug.
Volgens Gryvenstein is die verdagtes aangekeer met die voertuig en gesteelde items in hul besit. Hulle is aan die polisie oorhandig.
7 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min