Koop jy binnekort vir die eerste keer huis?

Loading player...
Om ʼn huis te koop kan veral vir ʼn eerste-keer-koper ʼn ingewikkelde en intimiderende proses wees. Die proses kan selfs so frustrerend wees dat dit sommer net ʼn reuse-beslommernis word. Francois Janse Van Rensburg gaan oor die volgende vier weke met Esté Meyer Jansen van Maroela Media gesels oor dié proses en sommer ook ʼn paar wenke gee oor hoe om die aankoop van jou eerste huis so maklik as moontlik te doen.
3 Jun 2021 Afrikaans South Africa News · Kids & Family

Other recent episodes

SkoolSlim | Belê in die menswees van jou kinders

ʼn Sterk skool word nie net deur goeie uitslae en sportprestasies gebou nie. In dié episode van "SkoolSlim" gesels Pieter Rademeyer oor die redes waarom verhoudings, waardes en belegging in kinders se menswees ʼn skool se grootste nalatenskap kan wees.
7 Aug 16 min

‘Misofo-wat?’ Daar ís hulp as geluide jou wil gek maak

Vir die meeste mense is die geluide van iemand wat kou, sluk of met ʼn pen tik bloot deel van die alledaagse lewe. Vir mense met misofonie kan dieselfde geluide egter intense woede, angs of ongemak ontlok en ʼn groot invloed op hul daaglikse lewe hê.
4 Aug 21 min

SkoolSlim | Om te lees is om te verstaan

In hierdie episode van “SkoolSlim” verduidelik Lotta Engelbrecht waarom ʼn liefde vir lees reeds in die vroeë kinderjare begin en hoe ouers en onderwysers saam die grondslag vir ʼn leeftyd van leer kan lê.
30 Jul 30 min