Graskop-inwoners vergader oor kragverhogings

Loading player...
Inwoners van Graskop dreig om Thaba Chweu-munisipaliteit se kantore in die dorp te sluit, sou daar nie aan hul griewe oor beplande kragverhogings gehoor gegee word nie.
Mavin Pillay van die belastingbetalersvereniging, sê Thaba Chweu wil vanaf 1 Julie 70 persent van alle aankope hou om hul Eskom-skuld te help delg.
Boonop gaan 'n spesiale fooi wat sake-ondernemings moet betaal, ook met 12 persent op.
Pillay sê mense kan dit nie bekostig nie.
2 Jun 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min