Mbombela keur begroting vir finansiële jaar goed

Loading player...
Mbombela-munisipaliteit se begroting vir die 2021/22 finansiële jaar wat op 1 Julie afskop, is gister tydens ‘n raadsvergadering goedgekeur.
DA-raadslid Sanley van der Merwe sê egter dat hulle steeds nie die verslag van die ouditeur-generaal of die geouditeerde finansiële verslag van 2019/20 gesien het nie.
Volgens haar word dokumentasie van die oposissie-partye in die raad weerhou.
Tog beoog Mbombela om die jaar hul insamelingskoers tot 95 persent te verbeter.
Kragtariewe verhoog ook op 1 Julie met 17-punt-8 persent.
1 Jun 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min