60-plussers nou sonder vooraf-registrasie by Robs geënt

Loading player...
Mpumalanga se gesondheidsdepartement het bevestig dat mense ouer as 60 die Covid-inenting kan ontvang sonder om vooraf te registreer of vir afsprake te wag.
Chris Nobela sê dit geld vir al ses openbare hospitale waar die entstof toegedien word. In Ehlanzeni is dit Rob Ferreira- en Shongwe-hospitale.
President Cyril Ramaphosa het gisteraand aangekondig dat 67 persent van gesondheidswerkers in die openbare sektor tot dusver ingeënt is.
Daar is tans 1-duisend ses-honderd sewe-en-veertig aktiewe gevalle in Mpumalanga.
31 May 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min