LUR bekommerd oor nege sterftes op N4 binne vier dae

Loading player...
Mpumalanga se LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, het 'n beroep gedoen op motoriste om versigtig te bestuur, na nege mense binne vier dae op die N4 naby Ngodwana in ongelukke dood is.
Vroeg Saterdagoggend is drie mense dood toe ‘n kar gerol het. Een persoon is lig beseer en een kritiek.
Donderdag is drie vroue dood en twee mans ernstig beseer toe ‘n vragmotor en kar gebots het.
Woensdag het ‘n vragmotor en taxi gebots. Drie mense is dood, en twaalf ernstig beseer.
31 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Mahindra Nelspruit: Waarvoor gaan jy jou bakkie gebruik?

Voor jy 'n bakkie aanskaf, antwoord eers dié vraag: Waarvoor gaan jou bakkie daagliks die meeste gebruik word? Hein le Roux, die bestuurder van nuwe voertuig verkope by Mahindra Nelspruit, gesels met die Middag Game Drive.
31 Jul 4AM 11 min

The Rhythm of Resilience

Lynette Nepaul penned her memoir "The Rhythm of Resilience" after surviving four different types of cancer over a decade. The book is meant to inspire, offer hope and get communities talking about cancer.
16 Jul 7AM 22 min

Pumas soek tuis halfeind in SA Beker

Die Airlink Pumas het die Boland Kavaliers Sondag by Mbombela-stadion met 38-31 geklop in 'n riller wat agt drieë opgelewer het in die SA Beker. Dit plaas hulle, met 33 punte, tweede op die punteleer na Griekwas met 40 met die Cheetahs in derde plek met 30 punte. met slegs…
5 May 5AM 9 min

Krane in Barberton-area loop droog

Barberton ondervind ook ernstige waterprobleme. Die DA-raadslid, Philip Minnaar, vra dat Mbombela-munisipaliteit 'n plan bedink en dit aan inwoners kommunikeer.
12 Feb 6AM 12 min