Sewende vermeende sindikaat-lid aangekeer weens belastingontduiking

Loading player...
‘n Sewende verdagte wat glo as lid van 'n sindikaat bedrog en diefstal gepleeg het, en die belastingwet oortree het, is Vrydag deur die Valke aangekeer.
Cynthia Zanele Maluleke het glo onregmatige betalings van amper een-miljoen-Rand ontvang.
Sy is borg van drie-duisend-Rand toegestaan deur die hof vir kommersiële misdaad in Mbombela.
Volgens Valke woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, sal sy weer op 13 Julie verskyn saam met die ander ses mense wat reeds aangekeer is in die verband.
24 May 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min