Valke soek steeds na hoofverdagte in Barberton-mynbedrogsaak

Loading player...
Die Valke is op soek na die hoofverdagte in die 1,1-miljoen-rand Barberton-mynbedrogsaak, Simphiwe Sangwenyi.
'n Voormalige administratiewe klerk, Bhekinkosi Fana Madonsela, is verlede week vyf-duisend-Rand borg toegestaan.
Volgens Valke-woordvoerder, kaptein Dineo Sekgotodi, het Madonsela en sy medebeskuldigde, Precious Nontobeko Magongo, glo onregmatige betalings van onderskeidelik 300-duisend-Rand en amper ‘n halfmiljoen-Rand ontvang.
Hulle sal op 12 Julie saam in die hof verskyn.
Sangwenyi was ‘n finansiële administrateur by die myn.
17 May 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min