Riverside het vars planne na 25 jaar

Loading player...
Die letter “R” is die spil waarom alles draai in die voorstelling van die nuwe handelsmerk van die Riverside sake-area in Mbombela.
Die hernude entoesiasme volg na ‘n jaar van die Covid-19-pandemie waarin menigte ondernemings ‘n verlaging in handel ervaar het.
Riverside het die afgelope 25 jaar op verskeie vlakke gegroei en ontwikkel en het hulle 2020 gebruik om nuwe lewe in dié handelsmerk te blaas. Verskeie rolspelers, wat die eienaars van eiendomme en ondernemings insluit, is geraadpleeg.
7 May 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min