Riool vloei in Graskop se varswaterbron in

Loading player...
Die twee pompe by Graskop se rioolsuiweringsaanleg werk glo reeds vir twee weke nie en besoedel nou die omliggende rivierstrome, vleilande en die Njaka-dam.
Volgens Trudie Grovè-Morgan, die DA se woordvoerder vir samewerkende regering in Mpumalanga, is die vloei te swaar om met chemikalieë reggestel te kan word.
Inwoners is glo deur Thaba Chweu-munisipaliteit ingelig dat hulle tot volgende week sal moet wag vir dit om herstel te word.
5 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min