Drie Nellies deur na Nasionale Toneelspel-finaal

Loading player...
Drie leerlinge van Hoërskool Nelspruit het na die finale rondte van die Nasionale Toneelspelkompetisie deurgedring.
Sumari Naudé (graad 12), Megan Bester (graad 11) en Ronel Basson (graad 9) is onder die 82 finaliste wat gekies is om van Donderdag tot Saterdag daaraan deel te neem in Kaapstad.
Bykans 500 deelnemers van regoor die land het aan die uitdunrondtes deelgeneem.
Frances van Niekerk, sê dit is ‘n besonderse prestasie om drie deelnemers in die finaal te hê.
4 May 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min