Poskantoor hoopvol oor heropening van takke

Loading player...
Die Suid-Afrikaanse Poskantoor hoop dat kwessies met persele wat hulle huur, binnekort opgelos sal wees.
Woordvoerder, Johan Kruger, het bevestig dat Village-poskantoor in Mbombela tans ook gesluit is na die eienaar die huurkontrak beëindig het.
Landwyd is verskeie poskantore al meer as 'n maand gesluit omdat hulle nie hul huur betaal nie.
Volgens Kruger kan Village-kliënte se pakkies by die Nelspruit-poskantoor in die middedorp afgehaal word.
Sonpark- en West Acres-poskantore werk ook met die hand. Sonpark-poskantoor se krag is afgesny, weens die dispuut oor die huur.
4 May 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min