Vermeende rower deur Valke vasgetrek

Loading player...
‘n 31-jarige man wat gekoppel word aan die mislukte roof van ‘n G4S-geldwa op 1 April, is Donderdag deur die Valke gearresteer.
Die geldwa was ten tyde van die aanval tussen Dwarsloop en Thulamahashe vergesel deur die polisie.
Volgens kaptein Dineo Sekgotodi word die verdagte ook gekoppel aan ander sake, insluitende kapings en roof wat sedert 2017 uitgevoer is.
Hy sal na verwagting vandag in die hooggeregshof verskyn en Woensdag in die Mhala-hof.
3 May 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min