NHS se Phillip Vogel Suid-Afrika se tienkamp-kampioen

Loading player...
NHS se veelsydige graad-elf-leerling, Philip Vogel, het die naweek in Pretoria kenmerkende Nellie “guts” gewys deur in agt van die tien items in sy tienkamp, koning te kraai.
Sodoende het hy sy grootste uitdager, Marko Foord van Sentraal-Gauteng, die loef afgesteek.
Philip se totale punte (volgens Atletiek Suid-Afrika se punte-tabel) in die tien items was 5210, teenoor Foord se 4242.
Mireille het met hom oor sy uitsonderlike prestasie gesels.
20 Apr 2021 11AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min