Nooddienste eersdaags meer beskikbaar in Hazyview

Loading player...
Daar is opwindende verwikkelinge op die mediese horison vir Hazyview.
Die area kry eersdaags ‘n noodkamer wat ingerig sal wees om kritiek siek pasiënte te kan behandel.
Dr. Kobus Hugo, wat onlangs die ontslape dr. Robbie Nel se praktyk op die dorp oorgeneem het, sê dit is baie meer as wat tans in die dorp beskikbaar is.
Dit sal die pasiënt die behandeling gee wat hulle benodig tot ‘n ambulans met ‘n paramedikus hulle hospitaal toe kan neem.
20 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min