Hoftolk verskyn in die hof

Loading player...
Die 40-jarige tolk van die Mkhuhlu-hof wat gister in die Bosbokrand-hof verskyn het op klagte van korrupsie, bly in aanhouding.
Busizwe Zizwe Zitha is Vrydag deur die Valke gearresteer. Volgens kaptein Dineo Sekgotodi het hy tussen Januarie en Maart twee mense omkoopgeld gevra het om sake teen hulle te laat verdwyn.
Die mense het die geld betaal, maar die sake is nooit teruggetrek nie.
Die Valke vra dat ander slagoffers hulle kontak by 071-‪481-2819‬.
20 Apr 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min