Taxi-bestuurder voor vir strafbare manslag na baba sterf

Loading player...
‘n 31-jarige taxi-bestuurder is Woensdag aangekla van strafbare manslag en roekelose bestuur.
Hy het Dinsdag in Amersfoort glo twee voetgangers getref. ‘n 20-jarige man en 23-jarige vrou is beseer.
Die vyf-maande-oue baba wat die vrou gedra het, is egter op die toneel dood.
Daar word beweer dat Sibonise Patrick Mathebula met sy silwer Toyota Quantum ‘n stopstraat geïgnoreer het, terwyl hy ‘n privaatvoertuig gejaag het wat passasiers vervoer het.
Volgens kolonel Donald Mdluli het Mathebula Woensdag in die Amersfoort-landdroshof verskyn.
16 Apr 2021 2AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min