Krugerwildtuin kry eerste vroulike hoofveldwagter

Loading player...
Cathy Dreyer is aangestel as die eerste vroulike hoofveldwagter van die Nasionale Krugerwildtuin.
Dreyer is tans die hoof van bewaring by die Addo-olifant Nasionale Park. Sy begin op 1 Mei in haar nuwe posisie by die wildtuin.
Sy vervang Ken Maggs, wat afgetree het na amper 40 jaar by Sanparke.
Wildtuin-woordvoerder, Ike Phaahla, sê sy het baie ervaring in terme van mensebestuur, strategie en leierskap en was die beste kandidaat.
14 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min