Shongwe-kosskool benodig meer plek vir leerlinge

Loading player...
Die LUR vir onderwys in Mpumalanga, Bonakele Majuba, sê daar is ‘n tekort aan koshuise vir al die kinders by Shongwe-kosskool.
Hy het vandag by die skool in Nkomazi besoek afgelê.
Volgens Majuba moet meer verblyf verskaf word, as fase twee van die kosskool se ontwikkeling.
Die vier regerings-kosskole in Mpumalanga is gebou om kinders uit landelike omgewings van goeie opvoeding te voorsien.
Shongwe het tans 812 leerlinge van graad R tot 12.
Die skool behaal reeds die afgelope vier jaar ‘n matriekslaagsyfer van meer as 90 persent.
13 Apr 2021 8AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min