Premier besoek baba wie se hand geamputeer is

Loading player...
Die premier het ook haar skok uitgespreek oor ‘n drie-week-oue baba wie se hand geamputeer is in die Bernice Samuel-hospitaal in Delmas.
Refilwe Mtshweni-Tsipane het gister, saam met die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, die baba se gesin besoek.
Die baba is aanvanklik vir diarree opgeneem. Weens komplikasies is haar hand geamputeer. Sy is intussen na Witbank-hospitaal oorgeplaas.
Die premier het die gesin verseker dat ‘n volledige ondersoek gedoen sal word na die omstandighede wat tot die amputasie gelei het.
12 Apr 2021 4AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min