Afname in sterftes op Mpumalanga se paaie oor Paasfees

Loading player...
Padsterftes oor Paasnaweek het vanjaar ‘n afname getoon: 18 mense is dood in ongelukke, ‘n afname van die 31 sterftes wat twee jaar gelede aangeteken is.
Die helfte van die 18 was voetgangers. Die meeste noodlottige ongelukke was op die R40 en N4-tolpad. In totaal is 73 mense ernstig beseer.
Die LUR vir gemeenskapsveiligheid, Vusi Shongwe, skryf die afname toe aan verhoogde polisiëring.
TRAC sê ook dat verkeersvolumes op die N4 Maandag die besigste was wat hulle sedert Paasfees in 2019 ervaar het.
Volgens kommunikasiebestuurder, Solange Soares, is dié naweek histories hul besigste.
9 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min