Geen arrestasies nog na moord op Paassondag in Barberton

Loading player...
Die polisie het nog niemand aangekeer na ‘n skietery Sondag in Barberton ‘n man se lewe geëis het nie.
Twee mans is tydens ‘n dispuut tussen twee sokkerspanne geskiet en na Barberton-hospitaal geneem, waar ‘n groep mans glo uit wraak die man geskiet wat een van die gewonde spelers hospitaal toe geneem het.
Sy kar is ook aan die brand gesteek. Hy is later dood.
‘n Saak van moord en twee van poging tot moord is geopen.
6 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min