Robs blink uit by provinsiale atletiekkampioenskap

Loading player...
Hoërskool Rob Ferreira se atlete het die naweek by die Mpumalanga atletiekkampioenskap in Secunda koning gekraai.
Altesaam sewe-en-sestig atlete het deelgeneem - die meeste van enige skool.
Robs se dertig medaljes was ook die meeste van enige skool, asook die tien provinsiale kampioene wat die skool opgelewer het.
Hoofseun, Junior Mondlane, het uitsonderlik goed presteer in verspring.
Sy persoonlike beste van sewe-punt-vyf-drie-meter maak hom tans nommer een in die land, en nommer drie op die wêreldranglys.
6 Apr 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min