Barberton DBV waarsku teen die vergiftiging van blouapies

Loading player...
Blouape is ‘n beskermde spesie en waar hulle vergiftig word kan die persoon wat homself daaraan skuldig maak, krimineel vervolg word.
Só waarsku Marlies Liebenberg, skakelbeampte van die Barberton DBV, nadat hulle gister drie vergiftigde apies opgetel het naby ‘n natuurreservaat in die area.
Buiten dat dit 'n wrede dood is vir die ape, hou dit ook 'n gevaar in vir ander diere en kinders in die omgewing.
Enigiemand met inligting is gevra om hulle te kontak. Alle inligting sal streng vertroulik hanteer word.
24 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min