MTPA waarsku teen krokodille in die Laeveld

Loading player...
Mpumalanga se agentskap vir toerisme en parke (MTPA) het Laeveld-inwoners gewaarsku om versigtig te wees rondom water, na ‘n groot klomp krokodille uit ‘n teelplaas naby Hazyview ontsnap het.
April Lukhele, bestuurder van die eenheid wat nakoming moniteer by die MTPA, sê een fasiliteit het weens die baie reën oopgebreek en van die diere het in die Sand- en Sabie-riviere beland.
Hulle het die eienaar van permitte voorsien om 160 te vang en te skuif, Veertig is reeds en die MTPA kon teen Donderdag self 12 vang. Hulle is volwasse en groot genoeg om diere te vang, sê Lukhele.
5 Mar 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min