Premier: toerisme baie hard geslaan deur pandemie

Loading player...
Sy voeg by dat die ekonomie na verwagting met tussen ses en sewe persent gekrimp het in 2020.
Toerisme, konstruksie, vervaardiging, vervoer en kommunikasie is van die ergste geraak.
Om toerisme by te staan het Mpumalanga twintig-miljoen-Rand bewillig.
Sy het ook onderneem om groter klem te plaas op samewerking met die private sektor om die God’s Window Skywalk, Makhonjwa-berge en treinspoor-erfenis-projekte te ontwikkel.
Sy voeg by dat die onlangse vloedskade die provinsie noop om hul fondse te herprioritiseer.
5 Mar 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min