Innibos Handwerkkuns-kompetisie genomineer vir Fiësta

Loading player...
Die Innibos Nasionale Handwerkkuns-kompetisie is genomineer vir ‘n kykNET Fiësta-toekenning.
Dit is in die kategorie beste prestasie in visuele kuns.
ArtAid Africa se John Anthony Boerma en Jan Bhuda organiseer nou al vyf jaar die handwerkkuns-kompetisie.
Dit is die enigste van sy soort in die land.
Boerma sê hulle is in die wolke oor die Fiësta-benoeming en hoop dat dit ook die kollig op die handwerkkunstenaars sal plaas.
24 Feb 2021 6AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min