Mpumalanga premier skommel kabinet

Loading player...
Die Mpumalanga premier het vanoggend verskeie veranderinge aan haar kabinet aangekondig.
Refilwe Mtshweni-Tsipane sê dit is om dienslewering te verbeter en sluit verskeie vroue en jongmense in.
Die nuwe LUR’e is Speedy Mashilo vir menslike nedersettings, Busisiwe Shiba by samewerkende regering, Vusi Mkhatshwa vir finansies en ekonomiese ontwikkeling, en Mohita Latchminarain by openbare werke.
Die leiers wat hulle vervang is na ander portefeuljes geskuif.
Vusi Shongwe sluif terug na gemeenskapsveiligheid, Thandi Shongwe na sport en kultuur, Mandla Msibi na landbou en Lindiwe Ntshalintshali na maatskaplike ontwikkeling.
24 Feb 2021 5AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min