Barberton se water nog nie heeltemal terug na normaal nie

Loading player...
Barberton se beurtwater is iets van die verlede, maar die dorp ervaar steeds wateronderbrekings.
Die Lomati-dam is amper nege-en-sestig persent vol.
Dis goeie nuus vir Barberton se inwoners wat sedert Augustus beurtwater het.
DA-raadslid, Philip Minnaar, verduidelik dat die Queen’s-rivier weens die reën te modderig is om water te onttrek.
Die dam se water word dus so vinnig gebruik as wat dit gesuiwer word.
Om die reservoirs vol te kry, moet toevoer na sekere areas soms afgesny word.
Hy vra dat mense geduldig bly tot die stelsel gestabiliseer word.
24 Feb 2021 3AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min