Hoërskool Nelspruit behaal honderd persent slaagsyfer

Loading player...
Hoërskool Nelspruit spog vanjaar weer met ‘n honderd-persent slaagsyfer.
Volgens die skool se skakelbeampte, Janine Cronjé, het die klas van 2020 gemiddeld een-punt-nege onderskeidings per kind behaal.
Meer as negentig persent van die matrikulante het ook met universiteitsvrystelling geslaag.
Ernst Pieterse, die skool se dux-leerling, is een van die top tien in die provinsie.
Hy het sewe onderskeidings, ‘n allemintige honderd persent vir rekeningkunde en nege-en-negentig persent in wetenskap.
23 Feb 2021 7AM Afrikaans South Africa Daily News · News Commentary

Other recent episodes

Red jou groente wat verwelk

Elzabé de Bruyn, organiese groentetuinkenner, was weer Saterdagoggend in die ateljee om oor 'mid-somer ineenstorting' te gesels. Waarom verwelk jou tamaties en komkommers? Hoe kan jy hulle red?
12 Oct 5AM 11 min

Pumas bereik Curriebeker-eindstryd teen verdedigende kampioene Griekwas

Die verdedigende kampioene, Griekwas, speel Saterdag gasheer vir die Pumas in die Curriebeker-eindstryd in Kimberley. Die eindstryd is ʼn herhaling van die 2022-skouspel toe die Pumas met 26-19 gewen het en die beker vir die enigste keer in die geskiedenis omhoog gehou het.
8 Sep 3AM 8 min

Soektog geloods na beste nuwe musiekgroep in Laeveld

Plaaslike musiekliefhebbers het besluit om die Laeveld musiektoneel weer woema te gee met 'n "Battle of the Bands"-kompetisie. Werner Botha en Ettienne Coetzee verduidelik die besonderhede aan die Middag Game Drive.
19 Aug 10AM 6 min