Newskoop Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Daily Afrikaans South Africa Daily News · Nature
96 Episodes
40 – 60

Agriskoops - 29 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met doktor Theo de Jager. Hy is die uitvoerende direkteur van die landbouorganisasie Saai. Hy gesels oor die finansiële impak van die Bek-en-klouseer uitbreking op Suid-Afrikaanse boere.
29 Jan 4AM 4 min

Agriskoops - 28 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hy vertel meer oor ʼn produk om plante se kaliumbehoeftes aan te spreek.
28 Jan 4AM 4 min

Agriskoops - 27 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Juandre Erasmus. Hy is die besigheids-ontwikkelingsbestuuder by die maatskappy Candi Solar. He gesels met ons hoe buigsame sonkragfinansieringsmodelle druk vir boere kan verminder deurdat dit ontwerp word rondom die realiteite van die landboubedryf.
27 Jan 2AM 5 min

Agriskoops - 26 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die Algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy vertel meer oor die organisasie se werk en hulle rol binne die Suid-Afrikaanse landbousektor.
26 Jan 12AM 4 min

Agriskoops - 23 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings- en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hy deel hoe boere kaliumtekorte in plante kan aanspreek.
23 Jan 1AM 3 min

Agriskoops - 22 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds in Suid-Afrika en het met ons gesels oor wat presies hulle aan boere bied en hulle fokus om vir elke boer ʼn oplossing te bied wat spesifiek by sy behoeftes pas.
22 Jan 12AM 3 min

Agriskoops - 21 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die proses en kostes om sonkrag op jou plaas te installeer.
21 Jan 2AM 5 min

Agriskoops - 20 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Riana Lombard. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Besproeiingsinstituut, Sabi. Riana vertel meer oor die organisasie, wie kan almal deel wees van Sabi en wat bied hulle aan hulle lede.
20 Jan 1AM 4 min

Agriskoops - 19 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die takbestuurder by die George-tak van die maatskappy Herholdt's, Willie Kruger. Hy vertel vir ons meer oor die sonkragstelsels wat hulle bied, hoe dit boere kan help en hoe ʼn behoorlike stelsel vir jou plaas moet lyk.
19 Jan 4AM 5 min

Agriskoops - 16 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy vertel meer oor die ondersteuning wat Baytrac aan boere bied met die installering en gebruik van die produk.
16 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 15 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Caria Grobler. Sy is die bemarkingsbestuurder by Pioneer Seeds Suid-Afrika en gesels oor die maatskappy se trotse herkoms en hulle "Farmer First”-filosofie. Pioneer Seeds herdenk hierdie jaar hulle honderdste verjaardag.
15 Jan 3AM 3 min

Agriskoops - 14 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Jaco Weideman van Rentech. Hy vertel ons meer oor sonkrag aangedrewe tegnologie vir weiding, watertoegang en selfs stresbestuur by vee. Hoe dit die boere bevoordeel en selfs die interaksie wat die diere met mekaar het kan beïnvloed.
14 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 13 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Bemarkings en Ontwikkelingsbestuurder vir Rovensa Next in Sub-Sahara Afrika, Stephan Marais. Hy gesels oor die belangrikheid van Kalium in plante. Hoe lyk plante wat ʼn kaliumtekort het en waar word dit die meeste opgemerk.
13 Jan 2AM 3 min

Agriskoops - 12 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn produk-landboukundige by die maatskappy Pannar Seed, Gerhard Engelbrecht, oor hulle Pannar Sprout toepassing. Hy verduidelik hoe die toepassing werk, watter voordele dit boere bied en waar hulle dit kan aflaai.
12 Jan 1AM 3 min

Agriskoops - 9 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy vertel meer oor PTO-monitering en die hooffunksies van Spraytrac se sagteware.
9 Jan 2AM 4 min

Agriskoops - 8 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA, Bennie van Zyl. Hy gesels oor wat boere kan doen om meer uit hul plaas te benut om nie net ekstra inkomstrome te skep nie, maar om die boerdery en landbou as geheel die hartklop van…
8 Jan 4AM 4 min

Agriskoops - 7 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van ingenieurswese by die maatskappy FarmRanger, Marius van der Merwe. Hy vertel ons meer van hulle produk wat boere help om die beweging van hulle vee te monitor ten einde verliese weens veediefstal en ander gebeure te beperk.
7 Jan 3AM 4 min

Agriskoops - 6 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops luister ons na ʼn boodskap deur die hoofbestuurder van die landbouorganisasie TLU SA. Wat is belangrik vir boere so aan die begin van ʼn nuwe jaar.
6 Jan 2AM 3 min

Agriskoops - 5 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Chantelle Kansley van Giraf Macadamia Milk. Hierdie melk word uit makadamianeute vervaardig en spog nie net met ʼn heerlike smaak nie, maar ook voedingswaarde. Sy gesels oor hierdie melk as ʼn ten volle suiwelvrye en eko-vriendelike melkalternatief.
5 Jan 3AM 5 min

Agriskoops - 2 Januarie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe die produk veral help in die sitrusbedryf en met sitrusuitvoere.
2 Jan 6AM 4 min
40 – 60