Newskoop Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops (Afrikaans)

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Daily Afrikaans South Africa Daily News · Nature
194 Episodes
1 – 20

Agriskoops - 18 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman, die verkoopsbestuurder by Baytrac. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe effektiewe vlootbestuur ook kliëntediens kan verbeter. Schoeman sluit die drie weke lange bespreking af met 'n laaste boodskap…
18 Aug 12AM 4 min

Agriskoops - 17 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die hoof van besigheidsontwikkeling by die maatskappy RenEnergy, Juandre Pitout. Hy gee ʼn oorsig wat boere moet oorweeg om te besluit om hulle plaas of onderneming van die kragnetwerk af te haal. Hy verduidelik hoe boere volhoubaar kan boer deur hul energie-verskaffing self…
17 Aug 3AM 5 min

Agriskoops - 14 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die verkoops- en bemarkingsbestuurder by die maatskappy Algar, Charlotte Esterhuizen. Sy gesels oor hulle oor veehanteringstoerusting en hoekom dit belangrik is om jou diere rustig te hanteer. Sy gee ’n oorsig van hulle nek- en lyfklamp en die belangrikheid van ’n goeie ontwerpte…
14 Aug 2AM 4 min

Agriskoops - 13 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Pretoria area bestuurder by DFM Technologies, Lawrence van der Westhuizen. Hy gesels oor die maatskappy se diens wat die hele Suid-Afrika en ook Suider-Afrika insluit. Hy gee verder ʼn oorsig van die voordele wat hierdie groot voetspoor van die maatskappy vir boere…
13 Aug 3AM 4 min

Agriskoops - 12 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Martin Booyens van die maatskappy InteliGro. Hy gesels oor die sterk El Niño wat voorspel word en hoe warm en droë toestande plantstress kan veroorsaak. Hy verduidelik hoekom platstress as die “stil dief van opbrengs” beskryf word. Hy gee verder ’n oorsig van…
12 Aug 1AM 6 min

Agriskoops - 11 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar, en verduidelik hoe roete-optimalisering en gereelde voertuigonderhoud koste oor die lang termyn kan verminder.
11 Aug 3AM 4 min

Agriskoops - 7 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besturende direkteur by AgriSeker, Reinhard Kuschke. Augustus is 'n belangrike voorseisoen-maand en Reinhard gee ʼn oorsig oor hoe boere en produsente hulle risiko's beter bestuur voordat die seisoen begin. Hy gee ook praktiese raad vir produsente wat nou hul beplanning en versekeringsdekking…
7 Aug 4AM 5 min

Agriskoops - 6 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor seisoenale verskille met die gebruik van sonkrag. Hy gee ʼn oorsaak van redes waarom ʼn sonkragstelsel soms onderpresteer en hoekom dit belangrik is om jou stelsel gereeld en behoorlik te moniteer…
6 Aug 3AM 5 min

Agriskoops - 5 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik oor plantenergie en die belangrikheid daarvan in landbou. Hy gee ʼn oorsig van wat plantenergie en plantenergiebestuur behels en hoe dit kan bydrae tot ʼn beter oes…
5 Aug 12AM 5 min

Agriskoops - 4 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy gee 'n oorsig van vlootbestuurswenke wat plase en besighede kan help om geld te bespaar en verduidelik hoekom effektiewe vlootbestuur nie net vir groot maatskappye is nie. Sy bespreek ook hoe Baytrac boere, klein besighede en groter maatskappye kan help…
4 Aug 12AM 4 min

Agriskoops - 3 Augustus 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor die gemoedsrus wat data en bewyse ʼn boer bied in terme van beskerming van sy eiendom, sy gesin en sy plaaswerkers. Hy verduidelik ook hoe opnames, wolkberging en afstandsmonitering boere help om sterker bewyse te…
3 Aug 3AM 4 min

Agriskoops - 31 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Kimberlee de Beer van die maatskappy Reluvo. Sy gesels oor hulle gholfkarretjies wat nie net vir die gholfbaan ontwerp is nie, maar ook gebruik kan word op plase, groot woonkomplekse en besighede. Sy gee ʼn oorsig van die unieke kenmerke van hulle voertuie…
31 Jul 12AM 4 min

Agriskoops - 30 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die portefeulje- en bemarkingsbestuurder by Limagrain Field Seeds Suid-Afrika, Danie Leeuwner. Hy gesels oor hoe hulle saam met boere werk om hul boerderye winsgewend en gesond te hou. Hy gee ʼn oorsig van die maatskappy se posisie in die mark en van die…
30 Jul 3AM 5 min

Agriskoops - 29 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Streeksontwikkelings- en Bemarkingsverteenwoordiger by Nutrico, Kenny Beeton. Hy bespreek die belangrikheid van die gebruik van 'n hoëgehalte-spuitwaterbyvoegmiddel in landbou en verduidelik die rol wat byvoegmiddels speel in die verbetering van spuitprestasie. Beeton gee ook 'n oorsig van Nutrico se Absorpt-byvoegmiddel en hoe…
29 Jul 12AM 5 min

Agriskoops - 28 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Adele du Toit van die Suid-Afrikaanse Rooibosraad. Sy verduidelik waarom die beskerming van die oorsprong van Rooibos toenemend belangrik word namate internasionale vraag aanhou groei. Du Toit bespreek die waarde van die beskerming van Rooibos as 'n unieke Suid-Afrikaanse produk, en waarom die…
28 Jul 12AM 4 min

Agriskoops - 27 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy vertel meer hoe sonkrag hoe sonkrag jou besigheid se balansstaat kan transformeer. Hy verduidelik ook watter ander positiewe impakte sonkrag op 'n besigheid het, veral met betrekking tot sy beeld en volhoubaarheidsprofiel.
27 Jul 3AM 4 min

Agriskoops - 24 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met dr. Gerhard Verdoorn van CropLife SA. Hy bespreek 'n inisiatief wat boere in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo toelaat om gratis van verouderde plaagdoders ontslae te raak. Hy verduidelik wat boere moet weet oor hoe om dit veilig aan CropLife SA oor te handig…
24 Jul 3AM 4 min

Agriskoops - 23 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met die uitvoerende hoof van Mottech Water Management, Launce May. Hy verduidelik hoe die maatskappy se afstandmoniteringstelsels boere help om water- en energieverbruik te verminder terwyl die doeltreffendheid van hul besproeiingsbedrywighede verbeter word. May deel ook praktiese voorbeelde van hoe afstandmonitering 'n opbrengs op…
23 Jul 1AM 6 min

Agriskoops - 22 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy vertel meer oor die samewerking tussen METOS SA en Aartappel SA. Hy gee ʼn oorsig waaroor dit presies gaan en wat die doel van die samewerking is. Hy verduidelik verder hoe die data wat verkry word, produsente…
22 Jul 12AM 5 min

Agriskoops - 21 Julie 2026

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels oor wat die grootste voordeel is wat kliënte uit Baytrac se diensbenadering kry en hoe Baytrac langtermynverhoudings met kliënte op bou. Sy gee ook ʼn oorsig van hoe Baytrac kliënte se bekommernisse of…
21 Jul 1AM 4 min
1 – 20