Maroela Media Gesonde gesinne

Gesonde gesinne

In dié reeks gesprekke bied ons toeganklike en praktiese ouerleiding en ondersteuning aan gesinne. Ons bespreek die fondasie van ʼn sterk gesin, deel strategieë vir opbouende dissipline en help jou om jou kind se behoeftes en gedrag beter te verstaan. Ons verskaf ook ondersteuning aan gesinne met neurodivergente kinders. Skink ʼn koppie boeretroos, en kom luister saam! "Gesonde gesinne" word vervaardig deur Maroela Media. Die gas, Lourindi Nel, is van LearningForLife.online.
Weekly Afrikaans South Africa Kids & Family Narrated by Lourindi Nel
69 Episodes
1 – 20

Gesonde gesinne | Januarie se belangrikste les

Januarie voel vir baie mense soos ʼn koue stort ná die vakansie. Berader Lourindi Nel herinner ons dat klein roetines groot emosionele veiligheid vir almal in die gesin bied en dat herstel ná ʼn vakansie vir sagtheid vra.
15 Dec 8 min

Gesonde gesinne | Lei met nuuskierigheid, nie beheer nie

Só skep jy ʼn atmosfeer van ontdekking waar jou kind leer om ook selfondersoek te doen. Dit moedig insig aan, eerder as blote vrees vir straf. “Leiding beteken nie jy gooi grense weg nie. Kinders het steeds struktuur en duidelike verwagtinge nodig. Die verskil lê in die toon: ‘Ek verstaan…
26 Sep 14 min

Gesonde gesinne | Veg, vlug of vries? Leer kalm reageer as ouer

Selfbeheersing is aansteeklik; as jy self die voorbeeld kan stel, sal jou kind jou navolg. Hierdie vaardigheid ontwikkel oor tyd deur selfrefleksie, ondersteuning en soms professionele leiding. Lourindi herinner ouers ook dat selfversorging nie ʼn luukse is nie, maar noodsaaklik.
29 Aug 18 min
1 – 20