Weet

"Weet" is 'n aanlyn ensiklopedie en e-naslaangids vir leerders en is ‘n initiatief van Maroela Media. Die doelwit is om aan leerders toegang te gee tot goeie gehalte, betroubare inligting in Afrikaans, aanvullend tot die skoolkurrikulum, wat hulle in staat sal stel om naslaanwerk vir skooltake en -opdragte in Afrikaans te doen. Van die inhoud word ook nou in klank beskikbaar gestel.
Weekly Afrikaans South Africa Education · Kids & Family
266 Episodes
120 – 140

Kolonisering van die Kaap

Die oorloë wat aan die einde van die 18de eeu deur die Franse Revolusie in Europa begin is en aan die begin van die 19de eeu deur Napoleon voortgesit is, het duidelik gewys dat die Kaap strategiese waarde as ʼn koloniale besitting het.
27 Nov 2024 18 min

Grondwet en Regstelsel

Die Grondwet is die hoogste reg van die Republiek van Suid-Afrika. Die Grondwet van Suid-Afrika is op 8 Maart 1996 aanvaar.
27 Nov 2024 9 min

Geelsug

’n Mens se liggaam verklap dikwels baie geheime oor ons gesondheid. Soms hoef ’n dokter net in ons oë of na ons velkleur te kyk om te weet dat ons ’n onderliggende siektetoestand het. Een só ’n siekte is geelsug (Engels: jaundice), waar die wit van ’n mens se oë,…
27 Nov 2024 9 min

Die stoomenjin en trein

Die stoomenjin was een van die belangrikste uitvindings van die Industriële Revolusie. Stoomenjins is in allerlei toepassings gebruik, insluitend fabrieke, myne, lokomotiewe en stoombote.
27 Nov 2024 11 min

Die Renaissance

Die Renaissance was ʼn baie opwindende tydperk in Europa se geskiedenis, en as ʼn mens kyk na wat die woord “Renaissance” beteken, kan jy sommer raai dat dit die begin van groot dinge was. Die woord “Renaissance” kom van die Franse woord renaître en beteken ‘hergeboorte’.
27 Nov 2024 19 min

Waens en koetse

Waens en koetse is van die vroegste vervoermiddels. Ons ouers se oumas en oupas het nog met ossewaens gereis en Sondae in ’n blinkgepoetsde koets kerk toe gery. ’n Mens kon nie sommer net besluit jy wil gou winkel toe gaan nie. Uitstappies en inkopies was beperk en was groot…
26 Nov 2024 6 min

Vroeë godsdiens in Suid-Afrika

Die Christelike geloof het Suid-Afrika bereik deur die Europeërs wat Suid-Afrika ontdek en sedert die 1600’s bewoon het. Vandag word Suid-Afrika die reënboognasie genoem, vanweë die groot verskeidenheid van mense, kulture en ook godsdienste, wat in hierdie land aangetref word.
26 Nov 2024 7 min

Ystertydperk

Die Ystertydperk was die laaste stadium in hierdie opeenvolgende tydperke: Steentydperk, Bronstydperk en Ystertydperk. Datums vir die begin van die Ystertydperk verskil in verskillende dele van die wêreld.
26 Nov 2024 7 min

Selle en batterye

Dit is amper onmoontlik om jouself ʼn wêreld sonder batterye voor te stel. Dink net aan alles wat ons elke dag gebruik wat met batterye werk: flitse, radio’s, selfone, skootrekenaars, die televisie se afstandbeheerder en selfs motors. As ons nie batterye gehad het nie, sou ons alles permanent met kabels…
26 Nov 2024 5 min

Mynbou

Die aarde se kors bevat 'n groot hoeveelheid minerale en ander materiale wat baie nuttig vir mense is. Om hierdie waardevolle, natuurlike hulpbronne te bekom, moet mense in die grond delf of myn. Die gate wat hulle grawe, word myne genoem. Mynbou speel ‘n geweldige groot rol in die Suid-Afrikaanse ekonomie…
26 Nov 2024 8 min

Minerale van Suid-Afrika

Suid-Afrika is baie ryk aan minerale soos goud, platinum, diamante, chroom, vanadium, mangaan en titaan, asook uraan, kobalt, koper, ystererts, nikkel, sink, kalksteen, rotsfosfaat, en nog vele meer. Die meeste minerale is in die noordoostelike deel van ons land gekonsentreer.
26 Nov 2024 8 min

Mars

Mars, ook bekend as die rooi planeet, is een van agt planete wat rondom die son wentel en deel van die sonnestelsel vorm. Die planete in die sonnestelsel beweeg in ʼn sirkel om die son. Die planete hou nooit op beweeg nie en word deur swaartekrag in hulle bane gehou…
26 Nov 2024 6 min

Groei

Groei vind plaas wanneer selle in ’n lewende organisme vermeerder in grootte en aantal. ’n Lewende organisme hou in sy hele leeftyd aan met groei op verskillende maniere.
26 Nov 2024 7 min

Geweld

Geweld lei tot verdere geweld (met ander woorde as jy aan baie geweld blootgestel word, kan jy dalk self geneig wees om geweld te gebruik of gewelddadig op te tree) en kan van een geslag na ’n volgende oorgedra word.
26 Nov 2024 8 min

Geraasbesoedeling

Geraas is egter ’n perd van ’n ander kleur! Net soos ons lugbesoedeling kry van fabrieke of motors se uitlaatgasse, of waterbesoedeling van mense se rommel en riool wat in water beland, net so kry ons geraasbesoedeling. Dié onsigbare vorm van besoedeling is baie sleg vir ons gesondheid en beïnvloed…
26 Nov 2024 5 min

Erosie

Erosie is die verbrokkeling en slytasie van grond of rots deur water, ys en wind. Die belangrike ding om te onthou, is dat daar altyd beweging betrokke is; die gronddeeltjies of klippies word weggevoer. Erosie is ʼn geologiese proses: iets wat dus met die aarde se oppervlak oor ʼn tydperk…
26 Nov 2024 9 min

Dubbel- en meervoudige sterre

Sterre fassineer mense al vir duisende jare, en eens op ʼn tyd het hulle nie eens geweet wat dit is nie. Daar was allerhande teorieë soos dat sterre ligte was wat aan die lug gehang het en dat sterre sekere magte gehad het en aanbid moes word!
26 Nov 2024 6 min

Die maan

Die maan se bewegings is baie ingewikkeld omdat dit deur die aantrekkingskrag van die aarde, die son en die ander planete beïnvloed word. Omdat dit in vergelyking met die sterre so vinnig beweeg en ook vanweë sy opvallende skyngestaltes, was die maan boonop ʼn belangrike faktor ten opsigte van tydrekening.
26 Nov 2024 14 min

Aardkors

Het jy geweet dat die aarde ook ’n kors het? Dit is natuurlik hier waar ons woon: bo-op die kors! Die aarde bestaan uit drie hooflae: die kors, die mantel en die kern. Die mantel kan verder verdeel word in die boonste mantel en die onderste mantel, terwyl die kern…
26 Nov 2024 7 min

Beroerte

ʼn Beroerte vind plaas wanneer die bloedtoevoer na ʼn deel van die brein onderbreek of verminder word, wat veroorsaak dat breinweefsel nie genoeg suurstof en voedingstowwe kry nie. Dit lei daartoe dat breinselle binne minute begin doodgaan. ʼn Beroerte is ʼn ernstige mediese noodgeval, en vinnige behandeling deur ʼn dokter…
26 Nov 2024 10 min
120 – 140