Maroela Media Maroela Media Nuus

Maroela Media Nuus

Maroela Media hou jou op hoogte van die jongste nuusgebeure. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News
80 Episodes
1 – 20

Twee Nederlanders by ORT vas oor dwelms

Kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, sê die 21-jarige en 59-jarige verdagtes was van Suid-Afrika na Nederland via Dubai onderweg toe polisiebeamptes hulle onderskep het.
4 Oct 1 min

Sunfield Home kry eerste betaling ná hofstryd

Die Sunfield Home Fortuna, ʼn tehuis vir fisiek en verstandelik gestremde mense in Mpumalanga, het Woensdag vir die eerste keer in 15 jaar ʼn verhoogde subsidiebedrag van die staat ontvang.
3 Jul 1 min

Saai dagvaar polisie vir skade wat Limpopo-boer ly

“Saai wil boere help wat met onwettige betredings op hul plaas gekonfronteer word en waar die SAPD, ten spyte van hul grondwetlike plig, versuim om daarteen op te tree,” sê Theo de Jager, direksievoorsitter van Saai.
6 Jun 1 min

VF Plus eis antwoorde oor haatspraakklag teen Malema

Julius Malema, die EFF-leier, se aanhitsing van geweld teen boere ongeag hul ras, en wit mense in die algemeen, is goed gedokumenteer en die VF Plus en ander het oor die jare al verskeie klagte teen hom ingedien, sê dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.
23 May 1 min

Jankielsohn oor dubbelmoord by Glen

Dr. Roy Jankielsohn, DA-leier in die Vrystaat, het sy innige medelye met die familie van Christo en Christa Morrison betuig. Die egpaar is op hul plaas naby Glen in die Vrystaat vermoor.
6 May 1 min

DA reg om hof te nader oor Mapisa-Nqakula se regskoste

Kobus Marais, die DA se woordvoerder oor verdediging, meen die minister behoort geen oorweging te skenk aan die "uiters buitengewone en moontlik onwettige" versoek om finansiële hulp wat die voormalige speaker by die departement ingedien het om haar regskoste in die korrupsieverhoor te betaal nie.
20 Apr 1 min

Optrede teen Mapisa-Nqakula wys hoe diep verrotting in weermag strek - Groenewald

Die VF Plus verwelkom die optrede van die polisie en die nasionale vervolgingsgesag teen Nosiviwe Mapisa-Nqakula, speaker van die Nasionale Vergadering (NV), weens bewerings dat sy omgekoop is met “geskenke” van weermag-kontrakteurs terwyl sy minister van verdediging was. Luister hier na dr. Pieter Groenewald. leier van die VF Plus.
22 Mar 1 min

Springbokke is 2023 se nuusmaker van die jaar

Die Nasionale Persklub het Woensdag die Springbokke as sy nuusmaker van die jaar aangewys. Antoinette Slabbert, voorsitter van die klub, verduidelik hoe die besluit gemaak is.
14 Feb 1 min

Verdedigingsdeskundige getuie bevestig integriteit van getuienis teen verkragtingbeskuldigde

’n Forensiese ontleder wat aangestel is om AfriForum se privaatvervolgingseenheid se videobewyse in die verkragtingsaak teen Isaac Andile Memese aangebied is, het bevestig dat hy geen onreëlmatighede of wysigings op die lêers gevind het nie. Jason Jordaan, ’n ervare multimedia- en digitale forensiese ontleder, is gister deur Memese se verdedigingspan…
14 Feb 1 min

Polisie gryp miljoene se nagemaakte items

Gedurende die operasie het die span ook ʼn vervaardigingsfabriek en stoorfasiliteit afgebreek waar nagemaakte goedere na winkels in en om Johannesburg versprei is. Lt.kol. Amanda van Wyk, polisiewoordvoerder, lewer kommentaar.
8 Feb 1 min
1 – 20