Maroela Media Nóú pra’ jy

Nóú pra’ jy

Op Maroela Media se debatsplatform, "Nóú pra’ jy", word daar meningstukke, rubrieke en lesersbriewe gepubliseer. Hier kan jy in klankformaat daarna luister.
Weekly Afrikaans South Africa News Commentary · Personal Journals
46 Episodes
1 – 20

Chris Chameleon: Die vergestalting van my manlikheid

Deur Chris Chameleon Maar indien dit ʼn seuntjie is, moet hy eendag, vroeër of later, sy moeder se rokpante laat gaan en die rubikon oorsteek om die uitdaging van manlikheid aan te durf en dit te vergestalt.
26 Sep 6 min

In 'n staat van trauma

Deur Freek Robinson So veel as wat praktiese stappe nodig is om misdaad te beperk, so nodig is dit dat trauma- en sielkundige berading geredelik beskikbaar moet wees vir die duisende slagoffers van misdaad.
4 Sep 4 min

Chris Chameleon: Kom ons MAGA vir goud!

Deur Chris Chameleon Ek wil my eerder hier bemoei met die meer tradisionele aspekte van die Olimpiese Spele en menslike uitnemendheid, asook die tanende belangstelling in atletiek. Die wêreld het MAGA (make athletics great again) nou nodiger as ooit.
29 Aug 8 min

Vind die Mandela in jou

Deur Freek Robinson Minister McKenzie het met entoesiasme vertel hoe hy as bende-misdadiger tot “bekering” gekom het deur Nelson Mandela se boodskap van ubuntu en vergiffenis. So kan elkeen die Mandela in hulself vind en help bou aan ʼn verenigde nasie.
7 Aug 4 min

Chris Chameleon: ʼn Wonderwerkie

Deur Chris Chameleon En so het dit gekom dat Gijs tydens sy drafsessie presies daar verby gedraf het, die beursie wat uit my sak geval het gesien, dit as myne herken het en... Wel, dankie God, en dankie Gijs.
23 Jul 4 min

Die Rooi Gevaar

Deur Freek Robinson Vandag weet ons daar het niks gekom van die rooi gevaar of die totale aanslag nie. Op die ou einde is ons maar almal mense met dieselfde behoeftes en probleme, ongeag ideologie.
6 Jun 5 min

Chris Chameleon: Muilband FM 

Deur Chris Chameleon Daar het in die afgelope 30 jaar ʼn kultuur van selfsensuur langsamerhand die strop al nouer om die keel van wit omroepers getrek.
22 May 6 min

Oor almal wat uitgesluit word

Deur Freek Robinson Een van die eerste hoë profiel mense wat kritiek teen die inisiatief uitgespreek het, was Christo van der Rheede – ʼn “bruinman” wat al diep spore in “Afrikaner”-instansies getrap het soos AgriSA en die Afrikaanse Handelsinstituut.
3 May 6 min

Chris Chameleon: Die misdaad van pornografie

Deur Chris Chameleon As eerste mis-daad (so gespel, want ek onderskei hier tussen die wet en die waarde) noem ek dit wat vir my onlangs van groot belang geword het, met my toetrede tot enorme, dog eksklusiewe kliek van ouerskap.
25 Apr 6 min

Chris Chameleon: Kuns vir wins

Deur Chris Chameleon Daar is nog slegte nuus: Daar is geen resep nie. As daar was, sou die skrywer van daardie resep die resep self kon verkoop vir meer geld as wat daar ooit uit enige toepassing van die resep verdien kan word.
26 Feb 7 min

Dis nie so maklik om te oordeel nie

Deur Freek Robinson Veelvoudige rituele word toegepas internasionaal. Sommige heel onskuldig – soos sê nou maar ʼn universiteit se gradeplegtigheid tot die inisiasie van jong Xhosa-seuns wie se besnydenis dikwels lei tot die dood. Jy kan nie sommer sê wat is reg of verkeerd nie.
22 Feb 5 min

Goeie en slegte verwikkelinge

Deur Freek Robinson In hierdie versoeningsmaand het van die allerverskriklikste voorvalle van rassisme plaasgevind. Tog was daar ook opbeurende nuus.
30 Dec 2023 6 min

Chris Chameleon: Die etiket van gebed

Deur Chris Chameleon Dit sou eers weer in 2017 wees dat my wortels my stam sodanig kon uitstoot dat ek bo die oerwoud van my omstandighede kon uitrys en myself weer gemaklik kon vind in my geloofslewe. Nou vang ek in ʼn sekulêre wêreld “vreemde” dinge aan soos om te…
4 Dec 2023 5 min

Uitheemse bome, inheemse studentelewe

Deur Louis Boshoff Anders as die kampusbome en die akademiese drag, het die Afrikaanse studentelewe daarin geslaag om ʼn eie baadjie aan te trek wat goed pas.
8 Nov 2023 5 min

Engele van welwillendheid

Deur Freek Robinson Die inwoners van Worcester maak daarop aanspraak dat hulle dorp die hoofstad van welwillendheid in die land is. En dit kan heel moontlik die geval wees.
4 Oct 2023 4 min
1 – 20