BAASRAAK RADIO Baasraak saam Coach Freek

Baasraak saam Coach Freek

Freek Vermaak se aangrypende lewensverhaal het aan hom die platform gebied om al vir 24 jaar ‘n inspirasie te wees vir baie. Dit bemoedig oud en jonk in tronke, skole, rehabilitasie sentrums, sport spanne, kerke en besighede met ‘n kragtige boodskap van hoop!

Freek se van is nie verniet, Vermaak nie. Hy is passievol om vermaak aan mense te verskaf wat hulle verfris en geestelik, liggaamlik en emosioneel opbou en versterk. Dit is Freek se doelwit in die lewe om sy gawes en talente te gebruik om God te verheerlik en om mense aan die Here Jesus Christus voor te stel. Freek is tans die aanbieder en vervaardiger van die 'Baasraak saam Coach Freek' Potgooi (Podcast) program. Op die program gesels hy met mede baasraakers oor hoe hulle, hul omstandighede, uitdagings, probleme en terugslae in hulle lewe baas geraak het deur God se genade.

Nuwe episodes word weekliks opgelaai. Teken in op sy kanaal om seker te maak jy mis nie uit
Weekly Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity Narrated by Coach Freek se bedieningsspan en sy vriende en vennote
61 Episodes
60 – 61

Jean-Claude "Jase" Delport

Jean was vir baie 'n "bouncer" in nagklubs gewees en heelwat mense baie seer gemaak. Die Here Jesus het egter Jean se harde hart gebreek en nou is hy 'n man van liefde, wat mense nie meer seer maak nie.
5 Dec 2020 38 min
60 – 61