100.5FM Radio Laeveld 100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

100.5FM Radio Laeveld LUISTER WEER

As dit op 100.5FM Radio Laeveld in Mpumalanga was kan jy dit hier op jou gemak weer luister.
Occasionally Afrikaans South Africa Music · News
1,276 Episodes
320 – 340

SolarFlair maak provinsie trots by Sasol-sonkragkompetisie

Span MP SolarFlair het tydens die afgelope Sasol-uitdaging vyfde in die Challenger-kategorie geëindig, was vierde algeheel en eerste onder die Suid-Afrikaanse spanne. Klasie Botha en Graig Gebhart het hoeka vooraf gewaarsku hulle het vanjaar 'n besonders goeie elektriese voertuig.
3 Oct 2024 11 min

KLCBT-finaliste bekendgemaak

Die nominasies vir vanjaar se KLCBT-toekennings is sopas bekendgemaak. Lind Grimbeek deel dit met 100.5FM.
30 Sep 2024 4 min

Night of 1 000 stars breek weer aan

Vrydag is dit weer tyd vir die Night of 1 000 Stars by Sonpark in Mbombela. Sandra Jacobs vertel vir Sonop Ontbyt waarna gaste uit kan sien.
30 Sep 2024 10 min

'Hoe ek dit onthou' vandag op rakke

Die musikant Francois van Coke se outobiografie, Hoe ek dit onthou, verskyn vandag. Hy het op die vooraand van die vrystelling met Skedaddle gesels.
27 Sep 2024 12 min

Primary kannetjies het Bokkoors

Vyf van Nelspruit Primary se 0.9-spelertjies kuier op die vooraand van die Springbokke se toets teen Los Pumas in Mbombela by Skedaddle in die ateljee.
24 Sep 2024 7 min

Kolwyntjiepret die naweek

Jacki van Zyl van Cupcakes for Kids with Cancer is hard aan die werk voor Cupcake Day Saterdag by i'langa Mall gevier word, en sy gaan vir goud met 'n Springbok mosaiek.
24 Sep 2024 6 min

Beskerming van aasvoëls so noodsaaklik

Kerri Wolter van VulPro is ook genomineer vir 'n Indianapolis-prys, 'n baie gesogte prys wat natuurbewaarders vir hul werk vereer. Sy vertel hoekom aasvoëls een van dié belangrikste spesies in enige ekostelsel is.
20 Sep 2024 8 min

Skenk Maandag bloed en red lewens

Die SANBS benodig bloed en nooi jou om Maandag in Witirivier jou bydra te kom maak. Palesa Mazibuko gesels daaroor met Sonop Ontbyt.
20 Sep 2024 5 min

Groot koue die naweek op pad

Die Suid-Afrikaanse Weerdiens waarsku teen beduidende weersveranderinge die naweek met temperature wat aansienlik sal daal - ook in die Laeveld van Mpumalanga. Samke Thwala, 'n voorspeller by die weerdiens, vertel wat ons kan verwag.
19 Sep 2024 4 min

Graskop hou die naweek karnaval

Die eerste Graskop Erfenis Karnaval wat die naweek plaasvind, is gebore met die doel om vier plaaslike welwillendheidsorganisasies in hierdie toeristedorp, wat na kinders en diere omsien, by te staan.
18 Sep 2024 8 min

Care for Wild-stigter vir Indianapolis-prys benoem

Petronel Nieuwoudt van Care for Wild is benoem vir die 2025 Indianapolis-prys. Die toekenning word dikwels beskryf as die Nobelprys vir dierebewaring en gee erkenning aan hierdie bewaarders wêreldwyd se inspirerende werk en prestasies.
18 Sep 2024 9 min

Twee wil Stuttgart toe ry met hul Merc

Kobus Esterhuizen en Marius Bruger Lourens beplan om Januarie 'n tog aan te pak en vanaf SA na Stuttgart in Duitsland te ry - met 'n 1989 Mercedes wat hulle dan aan die Mercedes museum daar gaan skenk. Garfield ry saam. Luister weer hier.
18 Sep 2024 14 min

Mbombela-toets teen Argentinië uitverkoop

Die Springbokke se toets teen Argentinië in die Rugby-kampioenskap volgende Saterdag is volledig uitverkoop. Die Bokke kan reeds die naweek hul eerste Kampioenskapstitel sedert 2019 buit as hulle die Pumas in Santiago del Estero verslaan. Die Argentyne is die enigste ander mededinger om die titel terwyl die Springbokke die enigste…
16 Sep 2024 12 min

'Adrenalien' laat voete jeuk

Die plaaslike sangeres, Tiffany Steyn, se nuwe enkelsnit, "Adrenalien" is vandag vrygestel. Sy gesels met Amanda.
13 Sep 2024 5 min

Nege leeus ontsnap weer uit NKW

Nege leeus is gister by Ngwenya opgemerk, en na ure suksesvol teruggeneem na die Krugerwildtuin - net om weer te ontsnap. Ike Phaahla van die wildtuin sê hulle vergader tans met die MTPA oor wat hulle volgende te doen staan.
12 Sep 2024 5 min

Deftige glansgeleentheid ten bate van siek kinders in Laeveld

Die Lowveld Medical Arts & Culture Association (LMAC), ‘n nie-winsgewende organisasie, hou Saterdag ‘n swart-das geleentheid met musiek en kuns om fondse in te samel vir mediese uitgawes vir kinders in die Laeveld. Dr. Attie van Wyk gesels met Sonop Ontbyt.
11 Sep 2024 14 min

Plaaslike musici gesoek vir Paasproduksie volgende jaar

Die plaaslike komponis, Lizanne Barnard, wil in 2025 weer 'n Paasproduksie aanbied wat die storie uit Barabbas se oogpunt vertel, maar die keer met plaaslike musici. Sy sê Zane Meas sal weet betrokke wees soos die vorige keer, wat die produksie werklik lewensveranderend was.
11 Sep 2024 10 min

Chef Cindy van tot Des. pannekoek vir outisme

Dit is weer tyd vir die pannekoek-uitdaging om bewusmaking van outisme te kweek. Cindy Coetzee van die Indigo Smiles Autism Foundation (ISAF) sê vanjaar gaan sy tot Desember pannekoek bak.
3 Sep 2024 6 min
320 – 340