Learn Beyond the Label bied op 24 Oktober ‘n werkswinkel met ‘n indrukwekkende groep sprekers aan om ouers, onderwysers, terapeute en dokters in te lig oor ADHD en disleksie. Amanda Broodryk vertel waarom sy voel daar is so ’n groot behoefte aan bewusmaking hieroor.
Flamboyant skool mik om 'n sandterapiekamer te installeer vir hul leerlinge. Hoof Gail van der Riet en onderwyser Jess Redfern vertel meer oor wat dit is.
Bernard van Rooyen en Geon Clark van die Laeveld-tak van Bosveld Jagters- en Wildbewaringvereniging (BJV) het met Laeveld Brunch kom gesels oor die afgelope naweek se Big 6 - 500 Gong Challenge by Tanda Kutula.
Johannes Meyer gaan vanaf November tydens The Big Pull 'n 16-ton-vragmotor van Centurion na die Paarl toe trek. Hy gesels met Sonop Ontbyt oor die 40-dag trek.
Mahindra Nelspruit se OJA kompakte trekker is ideaal vir boere wat met kleiner gewasse soos bloubessies, avo's en makadamias boer. Michelle Prinsloo gesels met die Middag Game Drive oor hoe die regte implemente boere tyd en geld kan bespaar.
Penryn College nooi Laevelders om die ervarings van jong kunstenaars te beleef met "The Things We Carry"-kunsuitstalling. Michelle Booysen, die kunshoof, gesels met Sonop Ontbyt oor die uitstalling wat vir die volgende maand oop is vir die publiek.
Volgende Saterdag bied die Barberton-buitebaan Spoedgholf aan ten bate van klein Caleb van Wyk wat aan 'n seldsame breintoestand, hemimegalencephaly (HME) ly. Sy ma Lara kuier saam met Leon Steenkamp van die klub in die ateljee.
Die son skyn weer na 'n paar reënerige dae. André Scheepers van Lefpa sê vir Laeveld Brunch Oktober bly egter 'n hoë brandgevaarmaand en grondeienaars moenie oorgerus raak nie.
Die KANSA Laeveld "Car Sit-in" vind vanaf vanmiddag 14:00 by i'langa Mall plaas. Rinella Jansen van Vuuren en Elsie Fourie vertel vir Sonop Ontbyt dat hulle vanjaar daarvoor mik om binne die 48-uur R95,000 in te samel om KANSA se 95ste bestaansjaar te vier.
Callum MacPherson en Gerald Erasmus van Securicon gesels met Laeveld Brunch oor voertuigkapings.
1 Oct
13 min
1 – 20
Agree to storing cookies on your device.
Cookie preferences
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.