Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,485 Episodes
860 – 880

Die mense stroom steeds Spur toe

Spur het vandag sy winsyfers vir die ses maande tot einde Junie bekend gemaak. Die omset het met 11% gestyg, terwyl die wesensverdienste met 16,5% toegeneem het. Val Nichas, uitvoerende hoof, bespreek die resultate.
21 Aug 2025 12PM 8 min

Só bou jy ’n loopbaan om mense wat kla

Lelané Bezuidenhout, uitvoerende hoof van die Finansiële Beplanningsinstituut van Suider-Afrika, gesel oor haar agtergrond, loopbaan, industrie, en wat sy doen om te ontspan.
21 Aug 2025 12PM 8 min

Mynmaatskappye lóóp weer

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, bespreek die goudprys, die inflasiekoers, asook Exxaro en Spur se winsyfers.
21 Aug 2025 12PM 9 min

Inflasie spring tot 3.5%

Johan Gouws, hoof van welvaart-adviesdienste by PPS, bespreek die inflasiekoers en die verwagtinge rondom die Jackson Hole-vergadering.
20 Aug 2025 12PM 7 min

Die Mineraleraad knor vir die nuwe mynbou-wetsontwerp

Die departement van minerale en petroleumbronne het in Mei nuwe mynbouwetgewing bekend gestel wat groot opskudding veroorsaak het. Mzila Mthenjane, uitvoerende hoof van die Minerale Raad, gesels oor waaroor hulle onsteld is en wat die gevolge daarvan sal wees.
19 Aug 2025 12PM 12 min

Markoorsig

Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek BHP Billiton se finansiële resultate en Jubilee wat hul bedrywighede uit Suid-Afrika onttrek
19 Aug 2025 12PM 9 min

MTN staar nog ondersoeke in die gesig

Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft Investment Partners, gesels oor MTN se finansiële resultate en hoe Suid-Afrika se landbou-uitvoere vaar.
18 Aug 2025 1PM 8 min
860 – 880