Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,160 Episodes
1360 – 1380

Goud skitter

Henco Kruger gesels oor die markte, en Drikus Combrinck, uitvoerende hoof van Capicraft, gesels oor die goudprys se nuwe hoogtepunt en Sasol se handelsverslag.
5 Feb 2025 11AM 8 min

Is SA se lugruim veilig?

Carel Gersbach, senior bestuurder van tegniese beplanning en kwaliteit by Air Traffic and Navigation Services (ATNS), bespreek die veiligheid van Suid-Afrika se lugruim.
5 Feb 2025 11AM 11 min

Maak gereed om tot 80 jaar te werk

Hennie Fourie, welvaartbestuurder by PSG Wealth Pretoria-Oos, gesels oor die aftreeouderdom in Suid-Afrika en hoe die gemiddelde Suid-Afrikaner genoeg fondse kan bymekaarmaak vir aftrede.
4 Feb 2025 11AM 6 min

Is daar hoop vir Ashton-vrugtefabriek?

'Die uitdaging is om ’n medebelegger vir die boere te kry wat aan die banke se vereistes sal voldoen': Jacques Jordaan – uitvoerende hoof, Inmaakvrugteprodusentevereniging.
4 Feb 2025 11AM 8 min

Suzuki is besig om SA motormark op sy kop te keer

Motorverkope is 10,4% hoër as verlede jaar, en daar is ’n nuwe topverkoper wat die Toyota Hilux verbygesteek het. Henry Botha, hoof van strategie en besigheidsanalise vir voertuigfinansiering by Absa, deel sy insigte.
4 Feb 2025 11AM 8 min

Versekeringsmagnaat Douw Steyn sterf

Henco Kruger gesels oor die markte, en Chantal Marx, hoof van beleggingsnavorsing by FNB Wealth and Investments, bespreek Boxer en Pick n Pay se handelsverslae en die afsterwe van Douw Steyn.
4 Feb 2025 10AM 9 min

Die Mynbou-indaba skop in Kaapstad af

'Ons moet 'n omgewing skep wat beleggings na die land lok': Andries Rossouw – leier: energie, nutsdienste en hulpbronne, PwC Afrika.
3 Feb 2025 11AM 10 min

Trump gooi die knuppel in die hoenderhok

Donald Trump dreig om alle finansiering aan Suid-Afrika op te skort. Hendrik du Toit, uitvoerende hoof van Ninety One, en Jacques Conradie, uitvoerende hoof van Peregrine Capital, lewer hulle reaksies.
3 Feb 2025 11AM 18 min
1360 – 1380