Moneyweb Radio RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake met Moneyweb

RSG Geldsake is die grootste sakeprogram in Suid Afrika. Dit fokus op belangrike sakenuus, menings en beleggingsinsigte.

RSG Geldsake word elke weeksdag tussen 18:10 en 19:00 op RSG (101 – 104 FM) uitgesaai.

Moneyweb redakteur Ryk van Niekerk bied die program aan.
Daily Afrikaans South Africa Business · Investing
14,160 Episodes
1260 – 1280

Markoorsig

Schalk Louw, welvaartbestuurder by PSG Old Oak, gesels oor die plaaslike kommoditeitsaandele, asook oor Aspen en RCL Foods se finansiële resultate.
3 Mar 2025 10AM 10 min

Kenners antwoord luisteraarsvrae

Mia Kriegler, direkteur van batebestuur by Kruger Internasionaal, en Rita Cool, hoof van individuele adviesstrategie by Alexforbes, beantwoord die vrae wat luisteraars se sakke raak.
28 Feb 2025 10AM 14 min

Mark baie ontevrede met Motus

Ockert Janse van Rensburg, uitvoerende hoof van Motus, bespreek die groep se finansiële resultate en sê daar was min vertroue in die mark, en dat vertroue eers begin toeneem het toe die rentekoers verlaag is.
27 Feb 2025 11AM 8 min

Lae PGM-pryse snoei Implats se wins

Impala Platinum het vandag sy tussentydse finansiële resultate bekend gemaak. Die uitvoerende hoof, Johan Theron, bespreek die resultate.
27 Feb 2025 11AM 7 min

Momentum kry momentum

Johan Gouws, hoof van welvaartadviesdienste by PPS, gesels oor Momentum se handelsverslag en AB InBev se finansiële resultate.
26 Feb 2025 10AM 6 min

Inflasie kruip op tot 3,2%

Die onafhanklike ekonoom Elize Kruger bespreek Suid-Afrika se inflasiekoers met die nuwe inflasiemandjie en haar vooruitsig vir inflasie.
26 Feb 2025 10AM 8 min

Wat gebeur by die G20-beraad?

Martie Janse van Rensburg, tussentydse voorsitter van die Ontwikkelingsbank van Suider-Afrika (DBSA) gesels oor die G20-beraad.
26 Feb 2025 10AM 8 min
1260 – 1280