
Immer wes
Immer wes, geskryf deur Irma Joubert en uitgegee deur Penguin Random House, gaan oor Hildegard, ’n dogtertjie uit die Oos-Pruisiese adel wie se lewe deur twee Wêreldoorloë, ’n ongelukkige huwelik, verlies en ontworteling gevorm word. Haar pad lei uiteindelik via Suid-Afrika na Duitswes (later Namibië), waar sy saam met haar dogtertjie na ’n heenkome soek.
