Maroela Media ToekomsVenster

ToekomsVenster

"ToekomsVenster" is ʼn daaglikse boodskap om individuele gelowiges toe te rus met praktiese geloofsvaardighede. Kleingroep-begeleidings, DVD’s en funksionele preeksketse is beskikbaar by Drienie (info@toekomsvenster.co.za) of besoek toekomsvenster.co.za.
Daily Afrikaans South Africa Christianity
1,949 Episodes
1840 – 1860

ToekomsVenster: Wees teenwoordig

Om teenwoordig te wees, is meer as om net daar te wees. Dit is om intensioneel beskikbaar te wees. Om binne die bereikafstand van ander te wees. Dit vra ’n ingesteldheid van hart.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Doen minder

Wat sou gebeur indien ons ons perspektief sou verander? Wanneer ons ’n nuwe woordeskat sou aanleer waar die geringste, die minste, die kleinste daad van gehoorsaamheid juis van waarde geskat word?
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Dink kleiner

As burgers van die koninkryk staan ons voor die versoeking om ons impak vir die koninkryk aan die getalle wat ons na byeenkomste trek te meet.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Liefde eerste!

Die eerste beginsel van die koninkryk is liefde. Hierdie liefde is nie ’n emosie nie, maar ’n werkwoord. Dit is die nadoen van Christus se verlossingsdaad.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koningskind wat sterf

Vir die Jode was die kruis afstootlik, vir die Grieke was dit onsin (1 Korintiërs 1:23-24), maar vir elkeen wat hul hoop in Christus plaas, is die kruis die krag van God tot redding vir elkeen wat glo. Deur die kruis word die vrede herstel.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning wat voete was

Petrus moes leer dat, om Jesus te dien, beteken dat hy Jesus moes toelaat om hom te dien. Daarna sou hy die gelowiges aanspoor om die wêreld waarbinne hulle as bywoners geleef het, te dien. Lees 1 Petrus 4:7-11 in nadenke op die Woord van God.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning van die verkeerde dorp

Die Koning van die hemel kom woon tussen die mees onverwagse mense op aarde. Ons moenie verbaas wees wanneer ons Hom juis ook tussen die mees onverwagse mense van ons samelewing aantref nie.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die Koning se geboorteplek

Die koninkryk het nie gekom om met mag, eer en glans aan die wêreld geopenbaar te word nie. Die koninkryk is geopenbaar te midde van die morsigste situasies denkbaar. En die eerste getuies daarvan? Sterrekykers en skaapwagters.
11 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die Amen op die gebed

Sluit jou oë en word bewus van die heerlikheid van hierdie groot Koning wat vandag asemnaby aan jou is. Besing die lof van Hom wat op die troon sit soos wat jy Sy heerlikheid aanskou.
4 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Jesus leer ons bid dat die koninkryk sal kom

Iemand het op ’n keer gesê: God se wil is vir my beswil en daarom kan ek met vrymoedigheid juis daarvoor bid. Sy beswil is nie noodwendig waarvan ek op daardie oomblik sal hou nie, maar dit is beslis wat ek op daardie oomblik die nodigste het.
4 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Jesus leer ons van ’n Vader

Hierin lê die kosbare ruimte van die gebed: As gelowiges kan ons die heilige plek van God se teenwoordigheid betree, die veiligste plek vir ons volledige menswees, en ons kan onsself ontbloot in denke, emosies, drome en vrese, met dié wete dat Hy wat werklik goed is, Hy wat werklik…
4 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Jesus leer ons bid

Jesus leer Sy dissipels om op ’n besondere manier te bid. Die eerste vereiste van hierdie gebed is die plek en gesindheid waarmee dit moet plaasvind.
4 Jun 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die koninkryk en die beweging

Die beweging van die koninkryk het ontplof en die destydse wêreld getref met ’n groeikurwe in die eerste 300 jaar na Christus se hemelvaart wat nog nooit weer gesien is nie. Die beweging groei steeds. Is jy deel daarvan?
18 May 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Beweging na binne

Die burgers van die hemel weet dat hulle meer sondig is as wat hulle ooit sou besef, maar dat hulle meer geliefd is as wat hulle ooit voor sou kon hoop.
18 May 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Beweging na bo

Jesus se lewe wys vir ons dat daar ’n kroon is na die kruis, dat daar waters van vrede en rus is na die doodskaduwee, dat daar ’n reis na bo is nadat die reis na onder onderneem is. Juis daarom moet ons Hom volg, want die einde is seker…
18 May 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Beweeg na onder

Geliefde in die Here; daar is vandag baie valse dwaalleer wat ’n valse evangelie van gemak en voorspoed wil voorhou. Dit is nie die evangelie nie! Die evangelie is die boodskap van verlossing wat kom deur ’n kruis en die volgelinge van Jesus sal ook daardie roete stap.
18 May 2018 9AM 4 min

ToekomsVenster: Die wet as bouwerk

Jesus beskryf slegs twee tipes bouers. Die vraag aan elkeen van ons vandag sal wees: Watter een is ek en jy? Bou ons op die vaste fondasie, of bou ons op sand?
18 May 2018 9AM 4 min
1840 – 1860